Here are some recipes in Afrikaans given to me by a friend.....
KLEIN KOEKIES
REPELSTEELJIES:
250g botter 500ml koekmeelblom
2.5ml sout 2.5ml bakpoeier
650ml gerasperde Cheddarkaas appelkooskonfyt
Verroom botter en voeg meel, sout en bakpoeier by. Meng goed. Voeg kaas by en meng tot 'n deeg. Rol deeg in balletjies en plaas op 'n gesmeerde bakplaat. Druk 'n gaatjies met 'n houtlepel in die middel van elke koekie, maar moenie dwarsdeur druk nie. Skep 'n mespuntjie konfyt in die middel . ( As jy te veel konfyt insit, sal dit oorkook tydens die bakproses). Bak sowat 10-15 minute in 'n voorverhitte oond by 180C. Lewer sowat 5 dosyn koekies.
HERTZOG KOEKIES:
KORS:
450ml koekmeel(ongesif afgemeet) 35ml strooisuiker
10ml bakpoeier 1ml sout
125g margarien by kamer temperatuur 15ml koue water
3 gele van ekstra groot eiers
VULSEL:
50-75ml fyn appelkooskonfyt 3 eierwitte van ekstra groot eiers
300ml suiker 500ml klapper
KORS:
Sif die koekmeel, strooisuiker, bakpoeier en sout saam. Vryf die margarien liggies met vinger punte in tot goed gemeng. Klits die eiergele en water effens, voeg by die meelmengsel en meng tot 'n sagte, hanteerbare deeg. Voeg nog 'n bietjie water by as die deeg te styf is. Knie die deeg goed. Bedek en laat eenkant staan. Voorverhit die oond tot 180C. Smeer die holtes van kolwyntjiepannetjies. Rol die deeg dun uit op 'n meelbestrooide werkoppervlak. Druk groot sirkels met 'n koekiedrukker uit en voer die panne en holtes daarmee uit.
VULSEL:
Skep 'n teelepel appelkooskonfyt in die middel van elke korsie. Klits die eierwitte tot styf. Klits die suiker geleidelik in. Roer die klapper in. Skep lepelsvol van die vulsel op die appelkooskonfyt op die korsies. Bak die koekies 20-25 minute op die middelste oondrak. Laat hulle effens in die panne afkoel. Lewer 12-15 porsies.
GEMMERKOEKIES:
125 ml botter 125 ml gouestroop
1 eier 750 ml koekmeelblom
250 ml suiker 15 ml gemmer
5 ml koeksoda 2 ml sout
35 ml melk
Voorverhit die oond tot 180C en smeer 'n bakplaat. Smelt die botter en roer die gouestroop by. Laat afkoel. Klits die eier by. Sif die droë bestanddele saam en roer dit afwisselend met die melk in die stroop-mengsel. Verkoel deeglik in die yskas tot dit styf genoeg is om te vorm. Maak balletjies en sit dit op die bakplaat. Druk dit effens plat met 'n vurk. Bak vir ongeveer 10 minute tot lig-bruin.
KOOKMELK KOEKIES
6x250ml ongesif afgemeet koekmeelblom 1ml sout
500g margarien 500ml suiker
125ml melk 10ml koeksoda
Meng koekmeelblom en sout. Vryf margarien met vingers daarin tot goed gemeng. Verhit suiker, melk en koeksoda saam oor matige hitte in ‘n groot kastrol tot kookpunt. Roer af en toe en pasop vir oorkook, want mengsel begin skuim wanneer dit begin kook. Gooi warm kookmelkmengsel oor meelmengsel en meng goed. Plaas in ‘n houer met ‘n deksel, maak toe en verkoel oornag. Maak koekies en plaas ‘n entjie uitmekaar op ‘n bakplaat. As die deeg in balletjies gerol word, druk hulle met ‘n vurk platter. Bak in ‘n voorverhitte oond by 200C vir 10-12 minute. Laat effens afkoel en plaas dan op ‘n draadrak om heeltemal koud te word. Hierdie deeg kan ook deur ‘n vleismeul koekiemaker gedruk word met verskillende vorms.
Lewer sowat 12 dosyn koekies.
KOFFIE KOEKIES
750ml botter 250ml suiker
25ml stroop 25ml koffie ekstrak
5ml vanilla 60ml melk
5ml koeksada 5 koppies koekmeel
½ teelepel sout
Klop botter en suiker goed. Meng melk en koeksoda.Meng alles met koekmeel en knie. Gebruik vleismeule of koekiedrukker en sny koekies. Bak ± 20 minute by 180C.
VULSEL:
250ml suiker 125ml melk
250ml botter 5ml vanilla
Kook alles saam vir 5 minute. Klop tot koud en styf. Skep in gaar koekies en sit op mekaar.
GENERAAL KOEKIES:
135ml botter of margarien 125ml bruinsuiker
1 groot eier 250ml bruismeel
3ml koeksoda 125ml hawermout
125ml klapper 125ml gesoute grondbone
85ml graanvlokkies, fyngedruk
Room die botter of margarien en bruinsuiker. Voeg die eier by en klits dit goed. Sif die bruismeel en koeksoda by en vou dit by die eiermengsel in. Voeg die hawermout, klapper, grondbone en graanvlokkies by en meng goed. Skep lepelsvol van die deeg effens uitmekaar op ‘n liggies gesmeerde bakplaat. Bak dit 10-12 minute lank in ‘n voorverhitte oond by 180C, tot goudbruin.
MA SE HAWERMOUTKOEKIES:
500ml hawermout 250ml suiker
250ml meelblom 250ml fyn klapper
12.5ml stroop 250ml botter
5ml koeksoda
Smelt botter en stroop en roer die koeksoda in. Dit moenie te warm wees nie, anders gis alles uit, ook nie te koud nie, anders proe alles na koeksoda (jy weet seker..). Voeg die res van die droë bestandele by. Gooi in lae pannetjies en bak in die oond tot dit bruin is teen 180C. Sny terwyl dit nog warm is.
OUTYDSE SOETKOEKIES:
10 koppies meel 4 koppies suiker
500g margarien 6 eiers
10 teelepels bakpoeier knippie sout
½ koppie lou water
Sif alle droë bestanddele saam. Klits botter en suiker vir ongeveer 10 minute tot room, en voeg eier een vir een by, klits goed. Voeg droë bestanddele by die suiker, margarien en eier mengsel. As deeg ‘n bietjie styf is voeg ‘n kwart tot ‘n halwe koppie lou water by en meng deur. Laat deeg vir ongeveer een uur staan. Rol uit op meel bestrooide oppervlakte en druk uit. Pak in gesmeerde bakplate. Bak teen 180°C vir 10 minute of tot ligbruin.
OUTYDSE SPESERYKOEKIES:
425g banketmeelblom 3ml sout
3ml koeksoda 5ml fyn kaneel
3ml fyn naeltjies 200g karamelbruinsuiker
125g botter 1 eier (geklits)
90ml sjerrie of port 5ml lemoenskil, gerasper
amandelsplinters vir versiering
Sif meel, sout, koeksoda, kaneel, naeltjies en suiker saam. Vryf botter in. Voeg eier, sjerrie en skil by. Bedek deeg en laat ongeveer 1 uur lank staan. Rol deeg uit tot 3mm-dikte. Druk ronde koekies uit,druk ‘n stukkie amandel in die middel van elke koekie vas. Plaas op ‘n gesmeerde bakplaat. Bak ongeveer 15 minute lank in voorverhitte oond by 200C.
MILJOENERS BROSBROOD:
250g sagte botter of margarien 5ml vanielje geursel
100ml suiker 800ml koekmeelblom
125g gepelde amandels, gekap 1 eiergeel
25ml brandewyn versiersuiker
Voorverhit die oond tot 160C en voer 2 bakplate uit met bakpapier. Verroom die botter of margarien en suiker goed saam tot lig en romerig. Klits die eiergeel, brandewyn en vanielje geursel by. Voeg die meel en amandels by en knie tot ‘n sagte deeg. Rol in bolletjies, druk effens plat en pak op bakplate. Bak 30 minute tot gaar, maar steeds lig van kleur. Pak warm in ‘n bak met versiersuiker en laat dit so afkoel.