A favorite for the lunch boxes!
Peanut Butter Squares - no baking required!
1/2 cup peanut butter
1/2 cup golden syrup
1/2 cup sugar
5 cups rice crispies (or cornflakes)
Melt sugar and golden syrup in a pot on the stove. Remove from the heat and add the peanut butter, mixing well. Add the cereal of your choice and mix thouroughly. Tip into a pan that has been greased (spray and cook works well). Cool slightly and cut into squares - ENJOY!
HAPPIES
PLAATKOEKIES: 2 eiers 125ml suiker
250ml melk 25ml gesmelte margarien of olie
500ml meelblom 20ml bakpoeier
2.5ml sout
Klits die eiers en suiker saam. Voeg 125ml melk en margarien by. Sif die meelblom, bakpoeier en die sout saam en voeg dit by die eiermengsel. Voeg die orige melk geleidelik by om 'n gladde mengsel te vorm. Moet die mengsel nie weer roer nadat alles goed gemeng is nie. Bak in 'n warm pan waarin bietjie olie gedrup is. Bak eers aan die een kant en as dit bo-op lugblasies vorm, draai die koekies om en bak ook aan die anderkant tot goudbruin. Dien op met botter en stroop of heuning.
"BROWNIES":
100ml botter 375ml suiker
100g goeie gehalte bitter sjokolade in blokkies knippie sout
5ml vanieljegeursel 3 ekstra groot eiers
250ml koekmeelblom 30ml kakao
100g okkerneute
VERSIERSEL:
100g goeie gehalte bittersjokolade in blokkies 100ml room
Voorverhit oond tot 180C. Smeer 'n vierkantige koekpan of vuurvaste bak. Plaas sjokolade en botter in 'n klein kastrol en roer oor lae hitte totdat alles gesmelt is. Roer suiker en sout by gesmelte botter en sjokolade tot goed gemeng. Voeg vanieljegeursel by. Voeg eiers een-een by en roer deeglik na elke byvoeging om te verseker dat elke eier deeglik ingeroer is, voordat die volgende een bygevoeg word. Verwyder van plaat en klits die sjokolade mengsel met 'n handklitser vir een minuuut tot glad en romering. Sif meelblom en kakao saam. Kap okkerneute grof en voeg by. Voeg sjokolademengsel by droë bestanddele en vou in met 'n groot metaallepel. Giet in voorbereide pan en bak vir 30-35 minute. Verwyder uit oond en laat staan vir 15 minute om af te koel.
BEREI VERSIERSEL:
Plaas room in 'n klein kastrolletjie en verhit tot kookpunt. Verlaag hitte en laat met 'n derde indamp. Verwyder van hitte en roer sjokoladeblokkies by tot gesmelt. Laat staan tot smeerbaar. Maak koek langs kante los en keer versigtig uit. Smeer versiersel oor en sny in blokkies.
Lewer 12 blokkies.
PANNEKOEK:
3 x 250ml gesifte bruismeel 3 eiers
½ teelepel sout 37.5ml kookolie
10ml suiker (opsioneel) 400 ml melk of water
kaneelsuiker
Meng die eiers, bruismeel, sout, kookolie, en suiker (opsioneel) saam. Voeg nou 'n bietjie water of melk by die mengsel. Meng nou deeglik tot die mengsel glad en sonder klonte is,die mengsel moet nou 'n egalige tekstuur wees. Voorverhit die braaipan. Voeg 'n teelepel olie in die pan, skommel die pan sodat die oppervlak bedek is. Gooi nou van die mengsel in die pan. Wag tot die mengsel "droog" raak en draai dan om. Strooi kaneelsuiker bo-oor en rol op. Hou warm deur 'n bord op 'n kastrol met stadig kokende water te plaas en die pannekoek daarin te plaas.
YSTERVARKIES:
LAAGKOEK:
250ml melk 25g botter
4 eiers 375ml strooisuiker
5ml vanilla 500ml meelblom
20ml bakpoeier 12.5ml meelblom
Kook melk en botter en laat afkoel. Klits eiers met strooisuiker en vanilla. Sif 375ml meelblom en sout 3 keer saam. Meng bakpoeier met 12.5ml meelblom. Meng eiers met gesifte meelblom. Voeg melk by en roer bakpoeier laaste by. Bak 25 minute by 200C. Sny in blokke.
STROOP:
500ml suiker 20ml kakao
¾ koppie water knippie sout
klapper
Kook alles vir 3 minute. Hou warm. Gooi oor stukke koek. Rol in klapper.
TAMBOESIES:
1 rol skilferdeeg 1 eier geklits
500ml vars room 50ml strooisuiker
6ml vanielje geursel 250ml gesifte versiersuiker
30ml kookwater 2ml suurlemoensap
geel voedselkleursel
Rol die helfte van die deeg uit en sny in 4.5cm vierkantjies. Verf liggies met geklitste eier. Plaas op 'n bakplaat wat met water besproei is en bak in 'n voorverhitte oond by 200C tot goudbruin. Laat afkoel, sny deegvierkante oop tussen die gerysde lagies. Klop room met strooisuiker en vanieljegeursel styf. Spuit room op die onderste een lagie en plaas 'n vierkantjie bo-op. Meng gesifte versiersuiker met kookwater en suurlemoensap en 'n paar druppels voedselkleursel. Skep versiersel drupsgewys oor elke tamboesie.
CRUNCHIES:
250g botter 50ml gouestroop
10ml koeksoda 250ml koekmeelblom
250ml witsuiker 500ml hawermout
250ml klapper knypie sout
Smelt die botter en gouestroop. Voeg die koeksoda by en meng. Meng die droë bestanddele en roer dit in by botttermengsel. Druk dit met ‘n spaan in rolkoekpan van ongeveer 40x27cm. Bak dit ongeveer 20 minute tot goudbruin by 160C. Laat dit effens afkoel. Sny in vierkante van 5x5 cm. Lewer ongeveer 40 koekies.
SMULSTAFIES (12 stafies)
125 ml volkoringmeel 250 ml hawermout
1 ml koeksoda 125 ml klapper
125 ml bruin suiker 250 ml pitlose rosyne
150 g margarien, gesmelt 15 ml heuning
Voorverhit oond tot 180C. Smeer die bakplaat. Meng die volkoringmeel, hawermout, koeksoda, klapper, bruin suiker en pitlose rosyne saam in 'n groot mengbak. Meng die gesmelte margarien en heuning saam in 'n aparte bak. Roer goed. Voeg margarien-heuningmengsel by die droë bestanddele en meng deeglik met 'n houtlepel. Druk die mengsel eweredig vas op die bakplaat. Bak 20 minute lank tot goudbruin.. Sny in stafies terwyl nog warm.. Laat heeltemal afkoel.
STROOP POFFERTJIES:
STROOP:
1 liter water 1125ml witsuiker
sap van 1 suurlemoen
BESLAG:
60ml witsuiker 30ml margarien, by kamertemperatuur
2 eiers 500g bruismeel
15ml bakpoeier 1ml sout
fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen 500ml kookwater
sonneblomolie vir diep braai
Verhit die water en die witsuiker tot kookpunt en roer net totdat die suiker gesmelt het. Kook dit sowat 10-12 minute lank oop. Laat afkoel. Roer die suurlemoensap by en verkoel tot yskoud. Gooi dit in ‘n diep houer soos ‘n liter-maatbeker. Klits die witsuiker, margarien en eiers goed saam. Sif die bruismeel, bakpoeier en sout bo-oor. Voeg die suurlemoenskil en kookwater by en roer tot gemeng.(Dit is ‘n slap beslag) Verhit olie tot matig warm. Skep dessertlepelsvol van die beslag in die olie en bak dit eers aan die een kant en dan aan die ander kant tot goudbruin. Skep die gaar poffers vinnig met ‘n dreineerspaan uit en dompel dit dadelik in die koue stroop. Skep dit uit en laat die oortollige stroop afdrup. Bewaar dit in die koelkas.
OUMA NANNA SE OLIEBOLLETJIES (Mini Dougnuts)
4x250ml koekmeelblom 250ml suiker
30ml bakpoeier 2 eiers, geklop
250-300ml water 125ml rosyne
750ml (om in te braai)
OM IN TE ROL:
Meng 500ml suiker en 30ml fyn kaneel
Meng meel, suiker en bakpoeier in 'n mengbak. Klop eiers en water, voeg by meelmengsel en meng goed. Roer rosyne by. Verhit die olie tot warm en skep elke keer 'n eetlepel van die beslag in die warm olie. Braai bolletjies alkant tot goudbruin. Moenie meer as 4 bolletjies gelyk braai nie. Skep met 'n gaatjieslepel in uit, dreineer oortollige olie en rol in kaneelsuiker. Bedien.
Lewer sowat 30 bolletjies. Oliebolletjies moet nie lank gebêre word nie, want dit word gou sag.
KOEKSISTERS:
DEEG:
4 koppies meelblom 2.5ml sout
30ml bakpoeier 50ml botter of margarien
1 eier melk of water (250-375ml)
olie om in te bak
STROOP:
4 koppies suiker 375ml water
2.5ml kremetart 2.5ml fyn gemmer
2 stukke pypkaneel gliserien
DEEG:
Sif die droë bestanddele saam, en vryf die botte met die punte van die vingers daarin. Klits die eier, voeg die melk of water daarby en maak dit aan tot ‘n sagte deeg. Knie dit goed tot dit glad is. Laat dit vir 2 uur of langer staan. Rol die deeg 1cm dik uit, sny in repies en vleg of draai hulle. Bak hulle 1-2 minute lank in warm olie tot ligbruin van kleur. Sit 5-6 koeksisters gelyktydig in die olie. Laat aan die een kant bruin braai en draai om, sodat die ander kant ook kan verkleur. Haal met ‘n skuimspaan uit, dreineer hulle ‘n oomblik lank op bruinpapier en domper hulle dan ‘n paar sekondes lank in die koue stroop.( Wat voor die tyd voorberei is)
STROOP:
Los die suiker in die water op. Voeg die kremetart, gemmer en kaneel by en laat die stroop 5 minute lank kook. Voeg 5-10 ml gliserien by net voordat die stroop van die hitte afgehaal word om mooi blink koeksisters te verkry. Hou die bak stroop in ‘n groot skottel met ysblokkies terwyl die koeksisters daarin gedoop word om te voorkom dat die stroop gou warm word.
Lewer 5-6 dosyn koeksisters