Afrikaans Cake Recipes...
KOEKE
WORTELKOEK:
500 ml bruismeel 2 groot piesangs
10ml bakpoeier 200ml sagte bruinsuiker
knippie sout 250ml grof gerasperde wortels
125ml pekanneute 2 groot eiers
150ml sonneblomolie 5ml kaneel
1ml neutmuskaat
Sif bruismeel, bakpoeier en sout saam. Kap neute, skil en verpulp piesangs. Roer pekanneute, piesangmoes, bruinsuiker en gerasperde geelwortel by meelmengsel. Maak ‘n holte in die middel en giet eiers en sonneblomolie daarin. Klop alles saam tot gemeng. Skep beslag in pan. Bak 45 minute tot ‘n uur tot gaar by 180ºC.
KARRINGMELK SJOKOLADEKOEK:
1½ koppie strooisuiker 125ml botter
125ml kakao 250ml warm water
500ml meelblom 2 eiers
125ml karringmelk 10ml vanilla
5ml kremetart 5ml koeksoda
¼ teelepel sout
Meng kakao met warm water. Meng koeksoda met karringmelk. Sif droë bestandele. Klop botter en suiker goed. Klop eiers goed. Voeg eiers by botter. Voeg dit by meel om die beurt met kakao en melk. Gooi vanilla by. Klop met houtlepel. Bak by 180ºC vir 25 minute.
LEMOEN SPONSKOEK:
2 eiers 10ml gerasperde lemoenskil
62,5ml melk 62,5 ml lemoensap
425ml koekmeelblom 10ml bakpoeier
200ml suiker 1ml sout
125ml botter of margarien
Voorverhit oond tot 180C. Sif droë bestanddele en voeg by res. Roer met 'n houtlepel tot bestanddele goed gemeng is of klits 2 minute teen medium spoed met 'n elektrise klitser. Skep in twee gesmeerde koekpanne, 220 mm in deursnee. Bak 30 minute.
LEMOENVERSIERSUIKER
50ml margarien 5ml gerasperde lemoenskil
25ml suurlemoensap 50ml lemoensap
versiersuiker knypie sout.
Meng bestanddele saam en versier koek daarmee.
ROOI FLUWEELKOEK:
KOEK:
100g botter 350g suiker
2 eiers 75ml kakao
30ml kookwater 2 bottels (30ml elk) voedselkleursel
520ml koekmeelblom 5ml sout
250ml karringmelk 5ml vanieljegeursel
5ml koeksoda 5ml witasyn
VERSIERSEL:
250ml melk 90ml koekmeelblom
275ml suiker 250ml botter
5ml vanieljegeursel sjokolade-vermicelli om bo-oor te strooi
Voorverhit die oond tot 180C. Smeer twee 20cm losboomkoekpanne met margarien. Verroom die botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg die eiers een vir een by en klits na elke byvoeging. Meng die kakao, kookwater en voedselkleursel saam om ‘n stywe pasta te vorm. Voeg by die botter mengsel en meng. Sif die koekmeelblim en sout saam. Meng ook die karringmelk en vanieljegeursel saam. Voeg om die beurt met die droë bestanddele by die bottermengsel. Meng laastens die koeksoda en asyn saam en voeg by die mengsel. Meng goed. Verdeel die mengsel in twee gelyke dele en skep in die voorbereide koekpanne. Bak sowat 30 minute lank of totdat pen skoon uit die middel van die koek kom.
VERSIERSEL:
Voeg ‘n bietjie van die melk by die koekmeelblom en meng tot ‘n gladde pasta. Bring die res van die melk saam met die suiker tot kookpunt. Roer gedurig. Voeg ‘n bietjie van die warm melk by die meelpasta en meng goed. Voeg by die warm melk en kook oor lae hitte tot gaar en dik. Roer gedurig. Verroom die botter tot sag. Voeg die vanieljegeursel by. Giet die melkmengsel by en klits totdat dit lyk soos styfgeklopte room. Koel af. Smeer ‘n bietjie van die versiersel op 1 koeklaag en plaas die ander koeklaag bo-op. Versier die koek met die res van die versiersel. Strooi ‘n bietjie sjokolade-vermicelli bo-oor.
BOOMKOEK:
275ml botter 300ml strooisuiker
6 ekstra groot eiers, waarvan 4 geskei is 5ml vanielje geursel
5ml rum of brandewyn 300ml koekmeelblom
200ml mielieblom 15ml bakpoeier
500ml versiersuiker ongeveer 100ml water
Voorverhit die oond tot 180C. Voer ‘n 23cm koekpan uit met waspapier. Verroom die botter en strooisuiker tot lig en romerig. Voeg die twee heel eiers en vier eiergele een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Voeg die vanielje geursel en brandewyn by en meng goed. Sif die droë bestanddele by, behalwe die versiersuiker. Voeg geleidelik by die bottermengsel. Meng goed. Klits die eierwitte styf en vou by die mengsel in. Skep 125ml van die mengsel in die voorbereide pan, maak gelyk en bak 12 minute lank. Skep nog 125ml op die gebakte laag, maak gelyk tot teen die kant, bak nog 10-12 minute lank of totdat die laag gaar is. Herhaal die lae totdat jy ten minste agt lae het. (Sit ‘n bakkie met water onder in die oond om te verhoed dat die onderste laag brand.) Laat effens afkoel in die pan en keer danop ‘n draadrakkie uit om heeltemal koud te word. Sif die versiersuiker en meng met net genoeg water om ‘n gladde dik versiersel te maak. Giet oor die koek.
KLASSIEKE VRUGTEKOEK:
50g glanskersies 45ml brandewyn
850g droëvrugte koekmengsel 50g amandels
225g koekmeelblom 2ml sout
2ml gemengde speserye 1ml vars gerasperde neutmuskaat
225g ongesoute botter 225g melassesuiker
4 ekstra groot eiers 15ml melasse
gerasperde skil van 1 suurlemoen gerasperde skil van 1 lemoen
Plaas die glanskersies in 'n vergiettes en spoel die stroop af. Laat die kersies afdroog en sny dit fyn op. Voeg die droëvrugte koekmengsel by en meng goed. Sprinkel die brandewyn oor en roer die mengsel. Bedek die houer en laat die vrugte oornag masereer. Kap die amandels met bruin velletjies en al fyn en sit dit opsy. Smeer 'n diep koekpan met 'n deursnee van 20cm. Voer die boom en want met 'n dubbele laag gesmeerde waspapier uit. Bind 'n dubbele laag dik bruinpapier buite-om die pan vas. Sif die koekmeelblom, sout en speserye die volgende dag saam. Verroom die botter en suiker tot lig en donsig. Klits die eiers saam en klop dan eetlepels vol op 'n keer by die bottermengsel in. Vou af en toe 'n bietjie van die meelmengsel by die bottermengsel in as dit lyk of dit wil skif. Vou die res van die meelmengsel baie liggies by die bottermengsel in. Vou daarna die vrugtemengsel, amandels en die res van die bestanddele in. Skep die beslag in die pan en smeer dit gelyk. Bedek die koek met 'n dubbele laag waspapier met 'n gaatjie in die middel. Plaa die koek op 'n dubble laag bruinpapier op die onderste oondrak en bak dit ongeveer 4½ uur lank in 'n vooraf verhitte oond by 140C. As 'n toetspen in die middel van die koek ingesteek word en skoon daaruit kom, is die koek gaar. Laat die koek 'n halfuur in die pan afkoel. Keer dit op ' draadrak uit en sprinkel 'n bietjie brandewyn of rum oor wanneer dit koud is. Draai die koek in 'n dubble laag waspapier toe. Dit kan vir 6 maande op die rak, of tot 'n jaar in die vrieskas gebêre word. Maak dit in die begin 1 keer per week oop en en daarna elke maand. Sprinkel brandewyn oor