Ouma's Rusks (I have made this recipe for years - it works very well)
1kg self raising flower
2ml salt
15ml baking powder
3 cups digestive bran (available at www.expatshop.co.za)
5 cups all bran flakes
1 ½ cup sugar¼ - ½ cup sunflower seeds (available at www.expatshop.co.za)
500g butter or brick margarine
2 eggs
500 ml buttermilk (if you can't get buttermilk, use plain yogurt mixed with a little milk)
Oven 160 degrees C. Grease large oven pan. Melt butter – cool. Mix all dry ingredients together and then add all the wet ingredients. Mix well .Tip mixture into the oven pan and cut with a knife dipped in hot water before baking. Bake for +/- 1 hr. Cool slightly and break the rusks into pieces. Put the rusks on oven trays and dry out overnight in a very cool oven. Remember to keep the over door slightly ajar.
Enjoy!
BESKUIT RESEPTE IN AFRIKAANS
ANYSBESKUIT: ( Een, twee, drie)
375g botter of margarien 470ml suiker
4 groot eiers 4x500g bruismeel
15ml anys 10ml sout
2.5ml kremetart 1 liter kookmelk
Smelt margarien of botter en suiker, laat afkoel en klop eiers by. Sif droë bestanddele saam en voeg saam met die kookmelk by eiermengsel. Voeg anys by en maak aan tot ‘n deeg. Laat 5 minute staan. Rol in balletjies en pak teenmekaar in 2 gesmeerde broodpanne van 220x120mm.
Bak vir sowat 1 uur in voorverhitte oond by 180C tot gaar. Laat afkoel en droog beskuit uit.
NEUT EN SAAD BESKUIT:
550g bruismeel 15ml bakpoeier
250g Nutty Wheat 500ml geroosterde muesli
50g gekapte pekanneute 50g gekapte okkerneute
100ml sonneblomsade 50ml sesamsade
500g koue botter, in klein blokkies gesny 100ml pampoensade
500ml karringmelk 380g suiker
10ml asyn 2 groot eiers
Sif die bruismeel en bakpoeier saam. Voeg die Nutty wheat, neute en sade by. Voeg die botter by en vryf dit met jou vingerpunte in tot dit goed gemeng is. Klop die karringmelk, asyn en eiers saam. Voeg dit by die meelmengsel en roer tot al die bestanddele goed gemeng is. Verdeel die mengsel tussen twee broodpanne van 29x12cm. Bak 50-60 minute lank in vooraf verhitte oond van 180C, of totdat mespunt skoon uitkom. Haal die beskuit uit die panne en sny dit in stukke. Verlaag dan die temperatuur tot 100C en bak dan die beskuit tot dit heeltemal uitgedroog is.
BOERE BESKUIT:
750 ml melk 750 ml suiker
500 g botter of margarien 25 ml sout
3,75 kg koekmeelblom 3 pakkies kitsgis
1 liter water 3 eiers,geklits
Meng meelblom, kitsgis en sout saam. Kook melk, suiker, botter en water saam (oppas vir oor kook). Laat afkoel tot lou. Voeg eiers by. Voeg melkmengsel by meel en meng. Knie goed deur. (Indien 'n bietjie styf, voeg nog melk by.) Maakwarm toe en laat rys vir ongeveer 1½-2 uur of tot dubbel die grootte. Vorm balletjies, sonder om af te knie, en sit in gesmeerde panne. Laat rys op 'n warm plek tot dit in grootte verdubbel het. Bak vir 1 uur in 'n warm oond (180 C). Net voor dit uitgehaal word, word glasuursel opgesmeer. (Klits 10ml suiker met 12.5ml melk en smeer bo-oor.) Sit terug in die oond tot dit blink en goudbruin is. Keer uit op afkoelrakke. Sodra dit koud is, breek in stukke en droog uit in lou oond, 100 C vir ongeveer 5 tot 6 uur.
GESONDHEIDS BESKUIT:
1 kg volkoringmeel 500 ml koekmeel
250 ml klapper 500 ml fyngedrukte graanvlokkies
200 ml pitlose rosyne 125 ml sonneblomsaad
55 ml bakpoeier 10 ml sout
500 ml suiker 250 g margarien, gesmelt
250 ml sonneblomolie 1 liter kookwater
Stel die oond op 180C. Meng al die droë bestanddele, behalwe suiker saam. Giet die gesmelte margarien in ´n ander mengbak en voeg die suiker, olie en kookwater by. Meng. Voeg by die droë bestanddele en meng goed. Skep deeg in 2 gesmeerde broodpanne. Doop ´n mes in warm water en sny die deeg in blokkies. Bak sowat 1 uur, of tot gaar, in die voorverhitte oond. Laat effens afkoel in die panne. Keer uit, breek in stukke en droog uit.
KARRINGMELK BESKUIT:
9x250ml volkoringmeel 4x250ml koekmeelblom
45ml vlapoeier 25ml koeksoda
15ml kremetart 20ml sout
500ml suiker 6x250ml (1.5liter) karringmelk
500ml olie 60ml druiwe asyn
Voorverhit die oond tot 180C. Spuit twee groot broodpanne van 34x11x7cm met kleefwerende kossproei of smeer goed met botter of margarien. Sprinkel ‘n bietjie volkoringmeel op die boom en teen die kante van die pan. Sif die volkoringmeel, koekmeelblom, vlapoeier, koeksoda, kremetart en sout saam in ‘n groot mengbak. Voeg die semels wat in die sif agtergebly het, weer by. Voeg die suiker by meelmengsel en meng goed. Meng die karringmelk, olie en druiweasyn en voeg by. Meng goed deur met houtlepel. Skep in voorbereide panne en maak gelyk bo-op. Bak 1 uur lank of tot gaar en ligbruin van bo en totdat ‘n toetspen skoon uit die middel van die beskuit kom. Laat effens afkoel en keer uit of draadrakke om heeltemal af te koel. Sny in stukke en droog uit by 100C. Lewer ongeveer 110 stukke.
MALTABELLA BESKUIT:
500ml Maltabella meel 750ml koekmeelblom
500ml semels 500ml suiker
2ml sout 10ml bakpoeier
10ml kremetart 10ml koeksoda
250g margarien 750ml karringmelk
Voorverhit die oond tot 180C. Smeer twee panne met margarien. Meng al die droë bestanddele, insluitende die rysmiddels, in ‘n groot mengbak goed saam. Smelt die margarien. Laat effens afkoel en voeg die karringmelk by. Voeg by die droë bestanddele en meng deeglik deur. Skep in die voorbereide panne en bak sowat 60 minute lank of totdat die toetspen skoon uit die beskuit kom. Keer uit, en laat heeltemal afkoel. Sny in vingers en plaas op bakplate. Droog uit by 100C.
SKURWE ABRAHAMS
650 g koekmeelblom 15 ml kremetart
12,5 ml sout 400 g suiker
250 g botter, by kamertemperatuur, 250 ml karringmelk
10 ml koeksoda 1 eier
Voorverhit oond tot 200C. Smeer 'n rolkoekpan van 45x30x2cm of bespuit dit met kleefwerende middel. Sif die koekmeeblom, kremetart en sout saam. Voeg die suiker by en meng. Vryf die botter met die vingertoppe in die meelmengsel in totdat dit fyn gekrummel is. Meng 25 ml van die karringmelk met die koeksoda. Voeg dit by die meelmengsel. Klits die res van die karringmelk en die eier saam. Hou 25 ml van die mengsel om oor die beskuit te verf en voeg die res by die meelmengsel. Meng goed tot 'n deeg. Verdeel die deeg in 8 ewe groot stukke. Fatsoeneer elke stuk op 'n meelbestrooide deegplank om 'n wors van 28 cm en druk dit effens plat. Sny elke wors in 4 ewe lang stukke. Plaas die stukke effens uitmekaar in die pan. Verf die oorblywende 25 ml karringmelk-en-eiermengsel oor die beskuite. Bak hulle sowat 30 minute of tot gaar op die middelste oondrak. Laat die beskuite effens afkoel, breek hulle oop en droog in 'n koel oond uit.
KONDENSMELK BESKUIT:
1kg bruismeel 125ml suiker
500ml semels 250ml volkoringmeelblom
150ml sesamsaad 150ml sonneblomsaad
15ml bakpoeier 5ml sout
2 eiers, geklits 500ml karringmelk
397g kondensmelk 450ml botter gesmelt
Plaas droë bestanddele in ‘n mengbak en meng goed. Voorverhit oond tot 180C. Maak ‘n holte in die middel en voeg die eiers, karringmelk, kondensmelk en botter by en meng goed. Smeer 3 middelslag broodpanne met botter. Verdeel mengsel tussen panne en maak gelyk bo-op. Bak sowat 45 minute lank by 180C of tot goudbruin en deurgaar. Laat vir 5 minute in panne afkoel, keer versigtig uit en laat heel temal afkoel. Sny beskuit in vingers en pak effens uitmekaar op bakplate. Laat oornag in ‘n koel oond (60-70C) uitdroog. Plaas ‘n lepel in die oonddeur sodat die vog kan ontsnap.